Die Orania Oewerhotel en Spa is geleë op die boomryke oewer van die Oranjerivier in die pragtige Bo-Karoo.
Ons gaste word bederf met luukse 4ster geriewe en die einste vriendelike Afrikaanse gasvryheid waarvoor Orania węreldwyd bekend staan.
Die Orania Oewerhotel en Spa bied 12 stylvol versierde kamers met en-suite-badkamers. Ons idilliese ligging is perfek vir 'n ontspanne wegbreekkans vir die familie, asook 'n romantiese ontsnapping saam met die spesiale persoon in jou lewe. Chalets is ook beskikbaar op aanvraag.
Die oord is 'n gewilde keuse vir privaat funksies, troues en kombuistee-partytjies. Vir groter funksies, bv. troues, kan die oord 60 gaste akkommodeer.
Die Orania Rivier Spa bied 'n wye reeks behandelings met asemrowende uitsigte oor die Oranjerivier en omliggende Karoo-landskap. Ons ervare en vriendelike terapeute gebruik slegs die beste spa-produkte in die mees ontspanne atmosfeer om ons gaste van ware welgeluksaligheid te verseker.
Die Oewer Restaurant bedien heeldag smullende etes terwyl gaste die pragtige uitsig oor die rivier vanaf hul tafels kan geniet. Die meeste van ons kombuis se hoë gehalte bestanddele word hier op Orania geproduseer.
Die Oewer Restaurant is ook die ideale ligging vir privaat funksies.
Orania Oewerhotel en Spa is net twee en 'n half ure buite Bloemfontein en sowat negentig minute suid van Kimberley. Orania is ook 'n gewilde oornag destinasie vir vakansiegangers omrede ons byna halfpad tussen Pretoria en Kaapstad geleë is.
Kom ervaar ware sielerus en geniet die vryheid, veiligheid en waardering wat net die Afrikanertuiste ons mense kan bied.