Ons kamers

Almal wat al in Orania oornag het, kan getuig van die vreedsaamheid wat die Afrikanertuiste so 'n unieke bestemming maak. Hier kan mens nog 'n welverdiende gevoel van totale veiligheid, rustigheid en vrede geniet.

Orania Oewerhotel en Spa bied twaalf ruim en stylvol versierde kamers wat gaste verseker van 'n luukse volkseie ervaring.

Al ons kamers het en-suite badkamers en is toegerus met lugversorging, plasma televisie met DSTV, yskassie met komplimentÍre minerale water, tee en koffie fasiliteit, elektroniese kluis, haardroŽr en Wi-Fi Internet konneksie.

Dit is egter elke kamer se privaat stoepie met pragtige uitsigte oor die dig beboste oewer en die Oranjerivier wat verseker dat u verblyf in Orania ekstra spesiaal gaan wees.

Ons agt dubbelkamers kan 'n dubbelbed of twee enkelbeddens bevat en het elk 'n sitkamer area wat toegang tot 'n privaat stoepie bied. Elke badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak op 'n granietblad en toilet.

Die vier familiekamers is ideaal vir families van drie of vier mense. Elke familiekamer bestaan uit twee kamers met 'n tussendeur vir ekstra privaatheid. Die badkamers is toegerus met 'n bad en stort, wasbak op 'n granietblad en toilet, terwyl die sitkamer area bietjie meer ruimte bied as diť van die dubbelkamers.

Ons ontvang graag gaste met rolstoele en kan groepe van maksimum 32 gaste in die hotel akkommodeer. Die oord het ook pragtige chalets wat ingespan word om groter groepe te akkommodeer (maksimum 100).


Tuisblad | Ons Kamers |  Rivier Spa | Restaurant | Omgewing | Tariewe | Besprekings | Kontak | Reciprocal Links

© Orania Oewerhotel en Spa, in samewerking met Orania Verblyf en Toere

Besoek ook gerus die webwerwe van Vry Afrikaner en Ons lief Orania!