Nuusbrief

Dis amper weer vakansietyd en ons vakansieprogram is vanjaar weer propvol pret vir die hele gesin. Ons gaan hierdie somervakansie weer lekker besig wees in Orania, maar ons het gelukkig reeds baie voorbereidings getref om te verseker dat al die duisende besoekers aan Orania n onvergeetlike vryheid ervaring gaan geniet.

Die Orania Oewerhotel en Spa het onlangs ons twaalfde kamer voltooi en gaan gedurende Desember 2012 n totaal van 372 kamernagte beskikbaar h. Ons het twee addisionele terapeute by die spa aangestel a.g.v. die groot aanvraag vir ons wye reeks spa behandelings. n Lieflike swembad is ook aangebou en daar is nou n winkeltjie beskikbaar by die oord waar allerlei verversings deur die dag aangekoop kan word.

Die Oewer Restaurant het n pragtige houtdek aangebou op die skaduryke oewer van die Oranjerivier en kan nou nagenoeg 100 mense bedien. Die restaurant is gedurende Desember altyd propvol, so besprekings is noodsaaklik.

n Hoogtepunt op vanjaar se kalender is die tweede Orania Gholf Ope wat op Saterdag 15 Desember by die asemrowende Magersfontein Memorial Gholfklub gespeel word. Die verrigtinge skop reeds Vrydag 14 Desember af met n heerlike potjiekos-ete en dans by De Boer. Jaco Labuschagne, die bekende Moderne Countrysanger, gaan sorg vir gees en sal al die groot treffers op sy nuwe album, nl. Silwer en Goud, vir ons sing.

Saterdag 15 Desember vertrek die gholfspelers na Magersfontein terwyl die nie-spelers heerlik by die spa ontspan en hul behandelings geniet.

Magersfontein Memorial is n knap 72 pari, 18 putjie kampioenskapbaan wat volgens USGA-maatrels ontwerp is. Die baan loop langs die Modderrivier en spog met die beste setperke in die streek. Magersfontein Memorial word gekenmerk deur sy lowergroen skoonvelde wat deur ons prentjiemooi Karoolandskap vloei. Gewis n unieke ervaring vir gholfliefhebbers!

Nadat die spelers Saterdagmiddag weer by hul gesinne aangesluit het by die hotel, kan almal vryetyd geniet. Ons gaan Saterdagaand weer saamkuier tydens die prysuitdeling funksie by die Oewer Restaurant.

Sondag 16 Desember vind die jaarlikse Geloftediens plaas by die Oewerpark en almal is welkom om hierdie spesiale geleentheid by te woon.

Diegene wat n addisionele dag in die Afrikanertuiste wil ontspan, het die perfekte verskoning omrede die 17de Desember natuurlik n vakansiedag is! Alle besighede en museums sal egter oop wees in Orania. Julle kan Orania se winkeltjies en museums rustig verken, op n vlotvaart gaan, visvang of net langs die swembad ontspan.

Vir navrae en besprekings vir die Orania Gholf Ope, skakel gerus 076 943 2214 of stuur n epos na info@oraniahotel.co.za

Ons sien uit daarna om julle in die Afrikanertuiste te verwelkom!

Quintin Diederichs


Tuisblad | Ons Kamers |  Rivier Spa | Restaurant | Omgewing | Tariewe | Besprekings | Kontak | Reciprocal Links

© Orania Oewerhotel en Spa, in samewerking met Orania Verblyf en Toere

Besoek ook gerus die webwerwe van Vry Afrikaner en Ons lief Orania!