Orania en omgewing

Orania is in die Noordkaap-provinsie, 164 kilometer van Kimberley en 240 kilometer vanaf Bloemfontein. Die dorp is geleŽ aan die oewer van die Oranjerivier en word omring deur uitgestrekte karooveld.

Die plantegroei is tipiese karoobossies en nader aan die oewer word pragtige groot bome aangetref, onder andere karee- en witkaree-, blinkblaarwag-ín -bietjie, witgat- en soet-doringbome. In die winter kan Ďn aantal inheemse blomsoorte hier gesien word. Kleinwild kom volop voor en Ďn groot verskeidenheid voŽls, wat watervoŽls insluit, is reeds deur voŽlkykgeesdriftiges aangeteken.

Die Oranjerivier vloei hier taamlik wyd en dit bied ideale omstandighede vir watersport. Orania het lieflike sonsondergange en snags kan sterrekykers die onbesoedelde hemelruim bespied.

Orania val in Ďn somerreŽnvalgebied en tipies aan die karooklimaat word die somers baie warm. Temperature wissel van 30įC tot 38įC. Winters word deur snerpende koue nagte, maar heerlike dae gekenmerk. In die lente en herfs is die klimaat baie matig.

Orania se museum huisves talle geskiedkundige items, soos die Vierkleur wat Jopie Fourie by hom gehad het in die dodesel. Ďn Uitgebreide wapenversameling kan ook besigtig word.

Die Verwoerd Gedenkversameling kan besigtig word in die huis waarin mev Betsie Verwoerd haar laaste jare deurgebring het. Talle interessante persoonlike besittings van dr. Verwoerd asook geskiedkundige items van sy era word uitgestal.

Die KENWEB Onderwysindustrie kan ook besoek word. Besigtig die onderneming waarvandaan Ďn volledige gerekenariseerde onderwysdiens aan tientalle skole en honderde tuisskole in suidelike Afrika verskaf word, asook aan leerders in 15 lande regoor die wÍreld.

Kleingeluk is die buurt waar besoekers unieke strooibaalhuise, ontwerp en gebou deur Ďn plaaslike argitek, kan besigtig. Die Kuierstoep en die biblioteek is ook daar geleŽ.

Rotsgravure is volop in die koppies rondom Orania. Daar is gravure wat tot so ver as 4,000 jaar terug dateer, asook ander interessanthede uit die geskiedenis van die omgewing, bv. gravure uit die tyd van die Anglo-Boereoorlog.

Voelkyk, hengel en watersport is ook gewilde tydverdrywe.

Talle landbouprojekte, soos die groot pekanneutaanplantings onder besproeiing, is die moeite werd om te besigtig.

Onthou ook om die Koeksistermonument, wat voor die munisipale swembad staan, te besoek!

Orania beskik onder andere oor:

  • Vakansie-oord
  • Restaurante
  • Rivier Spa
  • Kuierplekke
  • Koffiewinkels
  • Klereboetiek en haarsalonne
  • OK kruideniersware
  • Talle besighede
  • Ouditorium
  • Gemeenskapsaal met groot kombuis
  • Pluimbalbane
  • Landingstrook
  • Landingsplek vir helikopter
  • Swembadkompleks met tennisbane
  • IndustriŽle gebied
  • Biblioteek
  • Kerk- en skoolgeboue
  • Koshuisgeriewe
  • Rugbyveld
  • Jukskeibane
  • Poskantoor
  • OTM-geriewe
  • Motorhawe
  • Besproeiingstelsel met pompstasie

Vir verdere inligting en brosjures oor besienswaardighede, besoek die Orania Beweging kantoor op Orania. Kontak Coraine Oosthuizen by 053 207 0062 of John Strydom by 082 975 8132


Tuisblad | Ons Kamers |  Rivier Spa | Restaurant | Omgewing | Tariewe | Besprekings | Kontak | Reciprocal Links

© Orania Oewerhotel en Spa, in samewerking met Orania Verblyf en Toere

Besoek ook gerus die webwerwe van Vry Afrikaner en Ons lief Orania!