Kry soveel meer uit jou vakansie!

Die Orania Oewerhotel en Spa bied 'n fantastiese geleentheid aan alle vakansiegangers opsoek na die ideale wegbreekkans teen 'n bekostigbare prys. Sluit vandag aan by die Orania Vakansieklub en kies een van die volgende pakkette:

3 Nagte Vryheid Ervaring

Ingesluit:
  • 3 nagte 4ster verblyf
  • Ontbyt en aandete (daagliks)
  • 30 min. spa terapie
  • Orania Vakansieklub lidmaatskapskaartjie
  • Verwelkoming geskenk

Slegs R 1 600 per persoon
6 Nagte Liriese Sielerus

Ingesluit:
  • 6 nagte 4ster verblyf
  • Ontbyt en aandete (daagliks)
  • 1 uur spa terapie
  • Orania Vakansieklub lidmaatskapskaartjie
  • Verwelkoming geskenk
  • Skemer vlotvaart op die Oranjerivier
Slegs R 3 000 per persoon


Sluit aan by die Orania Vakansieklub

Sodra ons u Orania Vakansieklub aansluiting vorm ontvang het sal ons vir u 'n kwotasie stuur. Nadat ons u betaling ontvang het sal u lidmaatskap nommer per e-pos of faks vir u gestuur word. Daarna sal ons u Orania Vakansieklub lidmaatskapskaartjie vir u in die pos stuur.

Sodra u aangesluit het kan u ons laat weet watter datums u graag wil kom kuier en ons sal u bespreking bevestig.

Voltooi gerus die Orania Vakansieklub aansluiting vorm hieronder.


Orania Vakansieklub Aansluiting Vorm

NB. Maak asb seker dat u al die velde gemerk met 'n  *  invul om te verseker dat u vorm gestuur word.


Naam en van * :

Posadres :

Organisasie (indien van toepassing) :

Selfoon no. * :

Faks no. :

E-pos adres * :

Pakket (bv. 3 of 6 nagte) * :

Aantal persone wat aansluit * :

Kommentaar :




Algemene Inligting

  • Orania Vakansieklub lidmaatskap is geldig vir 1 jaar na aansluiting en kan elke jaar daarna hernu word.
  • Die lidmaatskapsfooi sal elke jaar met slegs 5% verhoog word.
  • Alle besprekings moet per e-pos na navrae@oraniahotel.co.za gestuur word.
  • U naam, van en Orania Vakansieklub lidmaatskap nommer moet gemeld word wanneer u 'n bespreking maak.
  • Besprekings is onderhewig aan beskikbaarheid. Ons stel voor u bespreek u datums van besoek so gou as moontlik.
  • Nagte kan nie verdeel word in afsonderlike besoeke nie. Al die nagte van u pakket moet agtereenvolgend gebruik word.
  • Indien u wil kanselleer nadat u bespreek het, kan u een keer u datums verander teen geen addisionele koste. Indien u daarna weer u datums wil verander sal 'n administrasiefooi van R 100 betaalbaar wees alvorens u datums gewysig kan word.
  • Kansellasies moet nie later nie as veertien dae voor aankoms per e-pos na navrae@oraniahotel.co.za gestuur word.
  • Geen terugbetalings sal gemaak word indien u bespreek het en daarna nie opgedaag het nie.
  • Aandete sluit 1 hoofgereg en keuse van 'n koeldrank, 'n vrugtesap, 'n bier of 'n glasie wyn in.


Tuisblad | Ons Kamers |  Rivier Spa | Restaurant | Omgewing | Tariewe | Besprekings | Kontak | Reciprocal Links

© Orania Oewerhotel en Spa, in samewerking met Orania Verblyf en Toere

Besoek ook gerus die webwerwe van Vry Afrikaner en Ons lief Orania!